25 Julie 2023

Esegiël 42

Esegiël sien verder in sy visie oor ñ toekomstige tempel dat daar “heilige” kamers rondom die tempel gebou sou wees waarin priesters tydelik kon bly as hulle diens doen voor die Here in Sy Tempel!

Soos Dawid dit beskryf is die teenwoordigheid die beste plek om te bly (Psalm 84), maar ek en jy hoef nie by Hom te gaan bly nie, want Hy deur die Heilige Gees bly nou in ons!
Ons is nou Sy tempels!

Here, dankie vir U teenwoordigheid in ons!
U is die Alomteenwoordige God!