23 Julie 2023

1 Kronieke 12

Dawid, voordat hy koning geword het, het ñ magtige weermag om hom versamel van meer as n half miljoen soldate!
Hierdie ouens het na hom toe gekom waar hy was tydens Saul se Koninskap!
Miskien omdat Saul nie ñ goeie koning was nie, maar verseker omdat die manne geweet het Dawid gaan die volgende suksesvolle koning wees!!
Dit het ñ positiewe atmosfeer geskep nie net by die gewillige soldate van orals in Israel nie maar ook by die ander Israeliete wat bygeda het tot die weermag se kos!

As dit goed gaan en ons die toekoms saam met verwagting aanpak gee ons nie om om in te koop in so n droom nie!
Here, dankie vir die droom om U Koninkryk uit te dra in SA vandag!
U is ons Koning!