21 Julie 2023

3 Johannes

Johannes die vriend van Jesus skryf in sy ouer dae hierdie brief aan ñ getroue volgeling van Christus, Gaius!
Hy dank hom omdat hy die mense goed lei,
maar selfs hierdie apostel, wat saam met Jesus gewandel het, word gekritiseer en deur slegter herders verwerp en sy kridietwaardigheid word in twyfel getrek by mense!

Ons hoef nie terug te baklei nie!
Die Here veg vir ons!
Hou net aan goed doen!

Here, help ons dat kritiek ons nie ontmoedig nie, maar dat ons fokus op U sal wees en hoe om vir U mense liefde te wys!
U is die Lam van God!