18 Julie 2023

2 Johannes 

Ons is die “uitverkore vrou”, die Bruid van Christus!
Wat die oudste dissipel, Johannes, aan die einde van sy lewe aanspreek. 
Hy moedig ons aan om by die waarheid te bly en Jesus as Here te volg, en as iemand nie in Sy naam kom nie om hulle nie eers te groet nie!
Bly dus vêr weg van valse leeraars!

Bly gehoorsaam!
“En dit is die liefde: dat ons volgens sy opdragte leef. Dit is die opdrag wat julle van die begin gehoor het: dat julle daarvolgens moet leef.”
‭‭2 Johannes‬ ‭1‬:‭6‬ ‭AFR20‬‬

Here, ons wil ons liefde aan U wys deur na U te luister!
U is die Waarheid!