17 Julie 2023

1 Kronieke 10

Die boek oor die Konings van Israel probeer om al die konings in ñ baie goeie lig te stel en verkies om baie van hulle foute nie oor te vertel nie!
Die boek moet egter by die 1ste Koning, Saul, begin.
Daarom beskryf die skrywer net sy dood aan die hand van die Filistyne, omdat daar nie baie goeie dinge was wat Saul vir Israel gedoen het nie.
Mag sy ongehoorsaamheid tot ñ waarskuwing vir elkeen van ons dien!
Al kies die Here jou, al leef jy as n gesalfde wat kop en skouers bo ander uitstaan: moet jy steeds die Here bly vrees en Hom getrou bly gehoorsaam!

Here, ons het U lief en daarom vrees en respekteer ons U!
U is die Almagtige God!