16 Julie 2023

Dagstuk

Esegiël 39

In die laaste dae sal Israel weer in hulle land bly!
Dit het gebeur toe Israel in 1948 onafhanklikheid verkry het, en alle Jode weer na hulle land kon terugkeer!
Daar gaan nog 'n Groot Oorlog wees wat die Here gaan wen!
Ons sien dit ook uit ander Bybelse boeke!
Ons weet egter soos wat alles begin gebeur, soos die Here deur Sy profete voorspel het: Hy is in beheer!

Here dankie dat U die Heilige Gees uitgestort het soos U hier beloof het!
U is die Gees van God!