15 Julie 2023

Dagstuk

1 Johannes 5

Liefde lyk soos kind wees!
Kind wees van God lyk soos gehoorsaamheid!
Gehoorsaam wees lyk soos geloof!
Dus:
Liefde = Gehoorsaamheid=
Kind van God wees=
Oorwinning =
Geloof=
Ewige Lewe!

As ons dit besef begin ons gebedslewe verander!
Hierdeur waarsku Johannes ons ook om nie aan te hou sondig en te dink dit is ok nie!
Nee, met alles in ons moet ons breek met sonde!
Hy roep ons tot 'n heilige lewe!

Here, dankie dat ons U kan volg om voluit te lewe!
U is die Waaragtige Een!