14 Julie 2023

Dagstuk

1 Kronieke 9

Die hoofstukke van geslagsregisters kom tot 'n hoogtepunt as die Judeërs, Benjamiete en Leviete en priesters wat uit ballingskap kom genoem word, want dit is hulle wat diens doen in en om die tempel, en Jerusalem en omgewing nou bewoon!

So kon almal weet waar hulle inpas en waar hulle vandaan kom!
Die skrywer van Kronieke maak die huidige volk, wat in Jerusalem kom woon het na ballingskap, se identiteit vas deur hulle voorgeslagte!
Identiteit is vir ons ook belangrik!
Daarom moet ons weet dat ons kinders van die Lewendige God is! Joh. 1:12!

Here, dankie dat U ons Identiteit is!!
U is ons Vader!