13 Julie 2023

Dagstuk

Esegiël 38

Esegiël begin skielik profeteer oor die vêrre toekoms van Israel. 
Sy profesie oor die eindtye behels dat ’n nasie uit die afgeleë Noorde teen Israel sal optrek saam met ander nasies!
Daarom is beweer dat die Gog waarvan die skrif praat, dalk Rusland kan wees. (Ons weet nie wie en waar Gog en Magog was nie).
Hulle sal egter vyandig teen die Jode optree in die toekoms en dit sal, saam met die groot aardbewing in Israel, vir ons ’n teken wees van die eindtye!

Here dankie vir profesië wat ook nog bevestig en vervul moet word!
Ons vertrou U woord!
U bly die Ewige Heerser van nasies!