12 Julie 2023

Dagstuk

1 Johannes 4

“Hy wat IN julle is, is groter as hy wat in die wêreld is!!”

Die Een wat in ons is, is Liefde:
“Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het. God is liefde. En wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom.”
1 Johannes 4:16 AFR20

Daarom moet ons toelaat dat die Liefde wat in ons woon, deur ons leef en ander liefhê!
“Wie God liefhet MOET ook sy broer liefhê!”

Liefde is n natuurlike, en verwagte uitwerking van ons verhouding met die Here!
Ons moet dus elke dag liefde prakties uitleef!

Here help ons om soos U, liefde te wys aan mense om ons!
U is Liefde!!