11 Julie 2023

Dagstuk
1 Kronieke 8

Die stam van Benjamin se geskiedenis is nou saam verweef in Juda se bestaan. 
Hier word verwys na Benjamiete wat in Jerusalem gewoon het en ook, soos díe van die stam van Juda, na ballingskap terug gekeer het na Israel!

Saul en sy seun Jonatan word hier ook genoem! Hulle was bekende Benjamiete wie se nageslag steeds ,as gevolg van Dawid se genade, bly voortbestaan het tot na die ballingskap!

Here dankie dat U selfs met Saul se nageslag genade gehad het, en hulle nie totaal vernietig het na sy sonde nie!
U is ook genadig met ons en ons kinders!!
U is Getrou!
U is Koning!