10 Julie 2023

Esegiël 37

Esegiël sien ñ valei vol doodsbeendere wat hy oor moet profeteer:
Hy sien toe hoe die beendere vleis, senings en vel kry!
Daarna profeteer hy die Gees, wind in hulle as asem, en hy sien ñ magtige weermag opstaan uit die woestyn!
Die Here sê vir Esegiël dat Israel wat nou soos dooie bene lyk in ballingskap, so weer bonatuurlik sal herstel as volk!
Die Heilige Gees sal weer Israel en Juda herstel met n Ewige Koning, Dawid se afstammeling: Jesus!

Here, dankie vir U Heilige Gees wat ons wat dood was in sonde, weer lewend gemaak het tot U eer!
Dankie dat ons ook nou volgens Romeine 9 deel van U Heilige volk mag wees!
U is die Here wat Israel heilig!