9 Julie 2023

1 Johannes 3

Ons ken die Liefde: Hy het Sy lewe vir ons afgelê!
ñ Heilige en rein lewe soos wat ons moet leef met Christus in ons, het ook tot gevolg dat ons ander lief het en prakties dit leef deur mense met behoeftes om ons te versorg!
Ons het die voorreg dat die Heilige Gees ons daarmee help:
“En wie sy gebooie onderhou, bly in Hom, en Hy in hulle. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: deur die Gees wat Hy aan ons gegee het.”
‭‭1 Johannes‬ ‭3‬:‭24‬ ‭AFR20‬

Here, dankie dat ons U kan gehoorsaam met die hulp van U Heilige Gees!
U help ons om liefde uit te leef!
U is die Gees van Liefde!