7 Julie 2023

Esegiël 36

Die Here kondig die herstel van Israel aan!
Nie net sal hulle terug keer uit Ballingskap nie, maar hulle sal weer die Heilige land bewoon en bewerk!
Hulle sal dan God se volk wees, en Hy sal deur Sy Gees met hulle n besonderse verhouding hê!

“Ek sal vir julle 'n nuwe hart gee, 'n nuwe gees sal Ek in julle binneste gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle 'n hart van vlees gee.”
‭‭Esegiël‬ ‭36‬:‭26‬ ‭AFR20‬‬

Die skrif is vir ons wat deur die Heilige Gees ook nou nuut gemaakte harte het, maar dis ook ñ toekoms belofte oor Israel dat hulle Jesus Christus eendag sal dien! (Fil 2:10) elke knie SAL buig en elke tong SAL erken…

Here, dankie dat U ñ God van 2de kanse is!
U het deur U genade vir Israel terug gebring en U bring ons van sonde terug na U!!
U is die Skepper van Onderhouder van alles!