5 Julie 2023

1 Kronieke 6

Uit ñ priester se pen is die geslagsregister van Aaron en van Levi geweldig belangrik!
Vir die wat uit ballingskap terug gekeer het, moes die aanbidding weer by die nuwe tempel voortgesit word, maar daarvoor het jy priesters nodig gehad wat kon bewys dat hulle van voor die ballingskap afstam van Levi!
Hier is mooi hoogtepunte van Dawid en van Salomo se priesters wat hulle in hul tyd bedien het.

Here, mag ons besef ons pas in ñ groter prentjie in, waar getroue gelowiges voor ons soos priesters die kerk ook onderhou het!
U is ons Hoëpriester!