4 Julie 2023

Esegiël 35

Die Edomiete was afstammelinge van Esau, die broer van Jakob. 
Hulle het die Israeliete nie gehelp in die tyd van die Assiriëse ballingskap, en later toe Jerusalem na Babelonië weggevoer was nie. 
Inteendeel het hulle as volk elke keer Israel en Juda se vyande gehelp teen hulle. 
Met hoogmoed het hulle tot in die tyd van Jesus (Herodus was van Edom) nog gedink, Israel en Jerusalem behoort hulle s'n te wees!
Moenie iemand anders se goed begeer nie, die 10 gebod, is ñ beginsel wat belangrik is, en jou in die moeilikheid kan kry as jy dit verontagsaam!
Dit los jou sonder vrug: ñ woestyn!

Here, help ons om ander hulle seën te gun en hulle te vier sonder jaloesie of afguns!
U is Regverdig!