3 Julie 2023

1 Johannes 1

God is Lig!
Hy laat ons lewe in Sy lig deur ons uit die duisternis van sonde uit te haal!!
Dit is hoekom ons met volkome blydskap lewe!
Hy maak ons skoon!

“As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.”
‭‭1 Johannes‬ ‭1‬:‭9‬ ‭AFR20‬‬

Here, dankie dat ons aan mekaar verbonde kan wees, mekaar kan lief hê en elkeen van ons deur U bloed skoon gewas kan wees van sonde!
Dankie dat ons nou in die Lig kan leef!
U is die Lig wat lewe gee!