1 Julie 2023

Esegiël 34

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”
‭‭Johannes‬ ‭10‬:‭11‬ ‭AFR20‬‬
Jesus vervul met hierdie woorde, die profesie van Esegiël 34 dat “Koning Dawid” weer die Herder van Sy mense sal wees! Dit is Jesus!!

Leiers, polities en geestelik, het die mense van Israel gefaal, voor, tydens en volgens Maleagi, selfs na die ballingskap. 
Die Here spreek met die profesie elkeen van ons aan wat herders is en mense moet lei en “voer” (geestlike versorging)!

Of dit jou kinders of jou werkers of mense onder jou outoriteit is, jy het ñ Godgegewe opdrag om vir hulle ñ goeie herder te wees wat aan hulle belange dink, en nie eerste jou eie gewin soek nie!

Namens geestlike herders wat vandag te kort kom, wil ek elke persoon in die kerk wat deel is van díe Herder se kudde, om verskoning vra vir laksheid en fokus verloor!

Here, help ons as medeherders saam met U as Hoof Herder, om mense te dien en te versorg soos U van ons verwag!
U bly ons goeie Herder!