30 Junie 2023

2 Petrus 3

Jesus kom weer!!
Daar is egter mense in die wêreld en in die kerk wat Sy wederkoms in twyfel trek.
Petrus moedig ons aan om uit te sien na Jesus se verskyning, en so aan te hou glo en vas te byt en te groei in ons verhouding met die Here! Hy verwys na Paulus se briewe om daaruit te leer.
Daar is verskeie dwaalleeraars in vandag se dae, daarom moet ons op ons hoede wees wie ons na luister en wie ons volg!

Here, ons sien uit na die nuwe aarde wat U gaan herskep, help ons dus om heilig en godvresend te bly leef!
U is ons Here en Verlosser;  Jesus Christus!!