29 Junie 2023

1 Kronieke 4

Die geslagsregister van Juda en Simeon gee vir die Jode na die ballingskap goeie konteks van waar hulle families vandaan kom en wie hulle is!
Dit het ook interresante persone in soos Jabes!

Sy naam beteken letterlik “smart” (hartseer)!

Dit is dalk hoekom hy die Here aangeroep het om sy eie “roeping” om te draai!

Hy vra die Here vir:
1. Seën instede van ñ lewe van vervloeking!
2. n Vergrote grondgebied: meer invloed!
3. Die Here se hand van beskerming oor hom, fisiese veiligheid!
4. Hou onheil weg: beskerming teen sonde en die geestlike gevolge daarvan, dus ñ gebed van geregtigheid!
5. Nie smart nie, dus vrede en vreugde!

Die wonderlike is dat die Here sy gebed verhoor het!
So met baie gebeds voorbeelde in die bybel, is die nog ñ gebed wat ons as riglyn kan gebruik in ons opregte verhoudings-gesprekke met die Here!

So kom ons bid saam met Jabes

“Jabes het die God van Israel aangeroep: “As U my tog maar net sal seën, my grondgebied sal vergroot en as u hand by my sal wees! Weerhou onheil van my, sodat ek nie smart ervaar nie.” God het toe laat gebeur wat hy gevra het.”
‭‭1 Kronieke‬ ‭4‬:‭10‬ ‭AFR20‬‬
U is die Een wat ons wil en sal seën!