28 Junie 2023

Esegiël 33

Hierdie geweldige belangrike beginsel moet elkeen van ons besef!
Ons MOET die harde realiteit van waarskuwing gee as mense in sonde is. 
Ons moet die liefde hê om ander te vermaan!
Indien nie, is hulle ewige dood op ons hande!

“Mens, Ek het jou die wag vir Israel gemaak. Wanneer jy by My die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My waarsku.”
‭‭ESEGIËL‬ ‭33‬:‭7‬ ‭AFR83‬‬

Here, help ons om in liefde mense te waarsku as hulle nie in die Waarheid lewe nie. 
Dis ñ moeilike taak om reguit te wees oor sonde en ongeregtigheid maar, ons besef die verantwoordelikheid!
Ons kan nie net “oordentilik” stil bly nie!
Here, gee ons U Heilige Gees om met vrymoedigheid te kan praat!
U is Waar en Reg!