27 Junie 2023


2 Petrus 2

Laaste vasdag !!!(aangesien ons die 7de begin het)

As Petrus begin waarsku oor valse leeraars, dan lyk dit asof hy Judas se boek gelees het of met hom gesels het, want sy vermaning is aan die hand van dieselfde voorbeelde waarmee die broer van Jesus, sy gehoor inlig.
Noag, Sodom en Gemorra, die engele se rebellie en ook Bileam se donkie is hier na verwys sodat ons nie trots, arrogant en dus in dwaalleer beland en dink ons self is so oulik nie!
Petrus vermaan ons om in die uitleef van die evangelie, nederig te bly en mooi te besef dat alles oor die eer van die Here gaan!
Hy moet verheerlik word in ons lof en nie mense nie!

Here, ons wil U kom oplig en eer!
Aan U aleen kom alle lof toe!
U is die Weg van die Waarheid!