26 Junie 2023

1 Kronieke 3

Vasdag 19

Hierdie geslagsregister van koning Dawid, moes vir die wat uit ballingskap uit Babelonië terug gekeer het geweldig baie beteken het!
Hier het hulle gesien dat Serrubabel, die eerste goeweneur in Jerusalem na die ballingskap, ñ direkte afstammeling van Dawid was, en dat daar nog 4 geslagte na hom was wat Esra ten tyde van die boek se skrywe melding van kon maak.
Die Here is getrou en hou Sy beloftes!!

Here, dankie dat U Dawid se belofte deur ballingskap gehou het, want Jesus moes kom uit Serrubabel se geslagslyn! Genade op genade!
U is Getrou!