25 Junie 2023

Esegiël 32

Vasdag 17

n Vêrdere oordeel word oor Egipte uitgespreek. 
Miskien is hier nog ñ profetiese woord aan Egipte omdat Israel saam met Egipte gedink het hulle sal teen Nebukadnesar kan opstaan en die Babiloniërs oorwin, maar deur Esegiël kondig die Here vooraf aan wat eintlik gaan gebeur. 
Egipte met sy magtige leer gaan tot ñ einde kom en in die doderyk beland. 
Die Nyl gaan rustig vloei omdat daar nie mense of diere gaan wees om dit te gebruik nie!
Die doderyk (ook volgens Jesus se storie van Lasarus en die ryk jong man) het 2 afdelings gehad. 
Soos die profesie sê was daar ñ gedeelte vir die wat in oneer sterf en dit was geskei van die gedeelte wat vir “gelowige” Ou testamentiese mense bedoel was. (Paradys)
Die “goeie” gedeelte is leeg nadat Jesus almal daarin gaan bevry het en hemel toe geneem het. 
As ons sterf gaan ons hemel toe nou en nie meer na die doderyk toe nie. 
Die doderyk is nou die hel en bedoel vir satan, sy demone en almal wat nie in verhouding met God staan nie!

Here, dankie dat U die doderyk kom oopsluit het en U verlossing selfs vir die in Sheol (die doderyk),paradys, genoeg was as hulle in U geglo het. 
U is Lewe!