23 Junie 2023

1 Kronieke 2

Vasdag 17

Esra gee hier ñ duidelike geslagsregister met die oog daarop waar die stigters van dorpe en stede van Juda vandaan kom.
Die register is anders as meeste van die wat ons vind in bv. Matteus en Lukas, want die funksie is nie om die lyn van die Messias te wys nie, maar eerder die Jode na die ballingskap te orienteer ten opsigte van die geografie en geskiedenis van waar hulle vandaan kom.

Here, dankie vir ouers en grootouers wat die Here gedien het!
Dankie ook vir ons voorgeslagte wat ons gebring het tot waar ons nou is!
U is die God van geslagte heen!