22 Junie 2023

Esegiël 31
Vasdag 16
Hoogmoed kom tot ’n val!
Met Esegiël se waarskuwing aan Farao en Egipte, dat hulle sal word soos Assirië, gebruik die profeet die metafoor van bome.
Hy praat van Assirië as ‘n hoë seder wat uitgetroon het bo al die ander bome en trots was daarop. 
Assirië en Nineve was ‘n magtige koninkryk net voor die Babiloniërs dit tot ‘n val gebring het.
Dus, waarsku die profesie Egipte uit die onlangse geskiedenis van hulle tyd!
Here, help ons ook om dop te hou om ons wat met hoogmoediges en arrogante mense gebeur, laat dit vir ons ’n waarskuwing wees om nederig voor U te bly!
U is die Skepper van die boom van Lewe!