19 Junie

19 Junie 2023

Vasdag 13

Esegiël 30
Afrika se grootste stede word hier genoem.
Put, Lud, Kus, No, Sewene, Nof en Patros was stede suid en wes van Egipte (Etiopië en Libië)
As Israel gedink het hulle hulp lê wes na Afrika, en sy stede het die Here deur Esegiël vir hulle kom sê dat Nebukadnesar ook hulle sal verslaan.
Dit laat my dink dat ons eie planne nie werk nie: ons moet op die Here vertrou om vir ons uitkoms te gee.
“Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die Here ons God. Hulle sak inmekaar en val, maar ons, ons staan op en bly staande.”
Psalms 20:8-9 AFR20
Here, ons maak op U hulp staat.
As moeilike tye kom sal ons nie na mense om ons kyk vir natuurlike uitkoms nie maar eerder vir U vra om te help!
Vir die Israeliete en vir ons beteken dit berou en belydenis voor ons U om hulp smeek.
Here, U is die Ster Hand wat ons red!