18 Junie 2023

Dagstuk
1 Petrus 4
Vasdag 12
Petrus verduidelik dat lyding vir die Here nie lyding is, omdat jy verkeerd gedoen het nie, maar eerder Christus se voorbeeld gevolg het!
Dan moet jy bly wees in jou swaarkry oor jou swaarkry, want deur jou lyding vir Christus, verheerlik jy Hom.
 Soos wat jy swaarkry sien mense Jesus deur jou vreugde in jou donker skyn!
Here, dis gepas dat ons vandag oor lyding praat terwyl ons vas!
Selfs as ons ligame swaarkry, verheerlik ons U daardeur!
Dankie ook vir Vadersdag en al die pa’s wat identiteit gee aan hulle kinders!!
U is ons Pa!
Abba Vader!