16 Junie 2023

Dagstuk
Esegiël 29

Vasdag 10

Ons leer vanuit Jeremia en ander boeke van Esegiël se tyd, dat sommige van die Israeliete wat agtergebly het in Israel tydens die ballingskap op Egipte staat gemaak het vir hulp teen Babelonië.
Maar, herhaaldelik het die Here gesê om nie op Egipte te vertrou nie.
Hier profeteer Esegiël teen Egipte en Farao.

Egipte het toe 'n klein onbenullige nasie geword soos die Here voorspel het.
Hulle is oorgeneem deur die Grieke, toe die Romeine, toe die Moslems en later die Ottoman Turke, wat meestal vandag die nasie van Egipte uitmaak.

Here, as U sê iets gaan gebeur kan ons maar die geskiedenis dop hou, dit sal so uitwerk!
U is die Waarmaker van U Woord!