15 Junie 2023

Dagstuk
Vasdag 9
1 Petrus 3
 Petrus verduidelik hoe ons heiligmakings proses lyk as vroue: Om 'n voorbeeld te wees vir hulle mans! Ware skoonheid is 'n saggeaarde en rustige (shalom) vrou! Manne behandel eers jou vrou met respek voordat jy bid, dan as die basiese in plek is sal die Here jou gebede verhoor! So moet ons liefde uit leef aan almal om ons, al beteken dit dat ons vir die Here ly! Ons identifiseer met die Een wat vir ons gely het en Sy lewe vir ons gegee het. Leef met 'n skoon gewete vol respek en seën tot ander. Hy sluit af met die doop wat 'n smeekgebed tot 'n skoon gewete is! Met jou doop sê jy: “Here ek begin oor!”
Here, dankie vir die hoofstuk wat gaan oor ons gebedslewe met skoon gewetens sodat, ons in U teenwoordigheid mag kom! U is ons liefdevolle Vader!!