14 Junie 2023

Dagstuk
Levitikus 26 Vasdag 8 Hierdie belofte wat die Here vir Israel gee, het Hy gestand gehou deur die geskiedenis tot vandag toe. As Israel die Here volg en gehoorsaam dan ervaar hulle seën van die Here op hulle arbeid, daar is vrug en hulle het baie kinders! Die guns van die Here is sigbaar op hulle! Maar deur die eeue heen, as Israel begin het met afgodery en hulle rug op die Here gekeer het, het dit begin sleg gaan. Hulle is vervolg, verwoes en het gesukkel! Maar daar is altyd, tot vandag toe nog 'n oorblyfsel van die ware Israel! So, ten spyte van Babelonië, die Romeine, die talle Europese anti-semmietiese "holocausts" wat al plaasgevind het, het die Here sy volk in 1948 terug laat kom na Israel en seën Hy hulle. Here, dankie dat U beloftes hou! U seën Israel, want uit hulle is Jesus gebore! Mag U hulle bly seën met die grootste seën: Verlossing deur geloof in Christus! Here U is die Messias!