13 Junie 2023

Dagstuk
Esegiël 28 Vasdag 7 As Esegiël teen die koning van Tirus profeteer slaan hy oor om te profeteer teen die een wat agter die koning se bose heerskapy sit: satan. Hy beskryf satan en wat die Here se plan met hom was en dan sy boosheid, rebellie en val. (Vers11-19) Na 'n verdere profesie oor Sidon, die susterstad van Tirus, begin Esegiël weer oor Israel se herstel profeteer! Die Here belowe altyd vir Sy mense herstel! Al is daar 'n vyand wat ons wil vernietig: Hy die Almagtige bly veg vir ons herstel. Dankie Here vir die herstel van Israel en dat U ons ook red! Help ons om te sien dat satan se hoogmoed in rebellie opeindig,  en dat die hel dus sy uiteinde gaan wees! U is Getrou in U genadige liefde (Gesed חטד)