10 Junie 2023

Dagstuk
Esegiël 27

Vasdag 4

Tirus se oordeel word verder uitgespreek wanneer verduidelik word hoe hierdie eiland-stad so sentraal was vir ekonomiese ruilhandel in daardie tyd.
Dit het mense van Europa, Asië en Afrika bymekaar gebring en was dus self n swierige stad met al die rykdom wat daardeur gevloei het.
En vandag… weet ons nie eers waar dit was nie, net soos Esegiël geprofeteer het.

Here dankie dat ons nalatingskap nie in geld en roem lê nie, maar wel direk gekoppel is aan ons verhouding met U.
As ons U dien, vereer ons U en onthou ander dit as goed en sien U dit vir ewig!
U is die Ewige Rots wat onwankelbaar bly staan.