8 Junie 2023

Dagstuk
Levitikus 24

Vasdag 2

Afgesien van die reëls oor die doodstraf vir moord en laster, gaan die hoofstuk oor die heerlikheid van die Here wat verteenwoordig word deur die lig van die Menorah (die 7-stuk kandelaar) wat ALTYD moes bly brand in die tempel.

Die tafel van toonbrode word ook beskryf.
Saam dui die twee  Tafel van toonbrode en die Menorah op die Woord wat vir ons soos brood van die lewe is wat ons moet lees in die lig van die Heilige Gees (Menorah) in die tent van ontmoeting (ń ander naam vir die heilige, voor die Allerheiligste).

Deur die Woord en die Heilige Gees ontmoet ons die Here daagliks!

Here dankie vir die simboliek van die Ou Testament.  
Dit wys ons op ons daaglikse roetine om by U woord uit te kom en die Heilige Gees se insig te vra!
U is ons Lig en Brood van die Lewe!