7 Junie 2023

Dagstuk
Esegiël 26

Vasdag 1

Die woord teen een van Israel se groot vyande van daardie tyd, Tirus, was dat dit sou verdwyn in die see en “gesoek sal word maar nooit weer gevind sal word nie.”
Vandag nog soek mense die ruïnes van Tirus en Sidon.
Mense dink hulle weet waar Sidon was maar daar is net bespiegelinge oor die ou stad Tirus.
Dit het na sy Babeloniëse inval wat hier geprofeteer word, heeltemal verdwyn.

Mag ons hierdeur bemoedig word dat die Here selfs nou met ons vastyd ons gebede sal antwoord en sekere probleme sal verwyder en dit net nie eers meer daar sal wees nie!

Here dankie dat ons U kan vertrou vir ons land Suid Afrika!
Sal U asb ń Geestlike herlewing bring maar ook polities en ekonomies ons omstandighede verander sodat mense wat Godvresend is sal regeer en die infrastruktuur tot U eer sal bestuur?
Here ons vas om onsself nederig voor U die Koning te bring en te wys ons is afhanklik van U ingryping!
U is ons Koning!