6 Junie 2023

Dagstuk
Juda

Jakobus was Jesus se broer, maar so ook Juda.
Juda skryf ń kort brief om te bevestig dat jy iemand se geloof en sy korrekte teologie kan sien in die manier waarop hy leef!!

Hy waarsku teen vals leeraars wat vertel dat jy enige iets mag dien, want ons staan onder die Here se genade!
Hy waarsku egter dat ware geloof jou sal noop om die Here te gehoorsaam en reg te wil leef!

Hy gebruik apokeiewe (buite bybelse) boeke wat die Jode van sy dag baie gelees het om sy voorbeelde ook uit te lig.

Jou woorde en jou doen en late moet mekaar komplimenteer!

Here dankie vir U genade!
Maar nou dat ons dit smaak mag ons dan tot eer van U heilig leef.
Help ons om van sonde afstand te doen!
U is die Waarheid!