5 Junie 2023

Dagstuk
Levitikus 23

Sabbat,
Pasga (paasfees)
Pinksterfees
Loofhuttefees waartydens Yom Kippur (die dag van Versoening) is was die ritme van weeklikse en jaarlikse fees en vasdae wat die Here vir Israel ingestel het.
Paasfees het heengewys en is vervul in die kruisiging van die Paas-Lam Jesus!
Daarom vier ons dit nogsteeds, so ook Pinkster wat altyd heengewys het na die uitstorting van die Heilige Gees oor die kerk!
Loofhuttefees is nie vervul nie maar ons as kerk (nie alle kerke nie) vier dit steeds omdat ons glo dit wys nog vooruit na die wederkoms van Jesus en Yom Kippur na Sy versoening met ons!

So ek wil jou uitnooi om die weeklikse sabbatsbeginsel van 1 dag rus steeds toe te pas as ń ritme in jou lewe en so ook die jaarlikse 3 feeste wat na Jesus en die Heilige Gees wys!

Ons as gemeente (LWC) gaan ń 21 dae vastyd saam aanpak!
Vanaf 7-28 Junie vas ons vir ons land, vir Lewende Woord en vir ń geestlike deurbraak vir elkeen van ons!

ń Daniëls-vas is aan te beveel maar hoor by die Here hoe jy moet vas.

Onthou vas en fees is deel van ons as christene se roetine!
Ek nooi jou om saam met ons te vas al is jy nie in ons gemeente nie: jy is immers in my hart.

Here dankie dat U ń ritme van feestye ingestel het!
Dit moes teen swaar tye baie gehelp het om saam te MOES feesvier!
Dankie ook vir vastye want dit help om ook saam te bid!
U is die Vervulling van elke Fees:
U is ons Shabbat: ons Rus
U is ons Paas-Lam
U is die Eerste vrug: die Heilige Gees by pinkster!
En U is die Ewige woning waneer ons die tydelike loofhutte van die lewe vier tydens Loofhuttefees!