2 Junie 2023

Dagstuk
Levitikus 22

Aäron en die priesters word duidelik geleer hoe om heilige offers te bring en hoe die heilige kos van die tempel dan geëet moes word!

Vir ons beteken dit dat ons deur die Here geheilig, afgesonder vir Sy gebruik aleen is en dat ons nie dan net kan voortgaan soos almal algemeen werk, eet en leef nie!

Nee, ons as Nuwe Testamentiese priesters (1Petr. 2:9) moet ook nou ons eetgewoontes en wat ons doen as voorbeeld stel vir ander. Ons is nou as priesters Sy voorbeeld van heiligheid.
Leef dus heilig: deel met elke stuk onreinheid in jou lewe!

Here dis vir ons n voorreg om toegewyd aan U te leef en dus anders te lyk as die wêreld!
U is volkome Heilig!
Heilig!
Heilig !
Heilig!