1 Junie 2023

Dagstuk
Esegiël 24

Die Here laat Esegiël potjiekos maak, die goeie vleis uitskep en die bene in die pot erg laat verbrand.
Dit dui op die mense wat uit Jerusalem gered is en na Babelonië “gered” is, want die wat agter gebly het sou baie swaarkry.

Daarna sterf Esegiël se vrou maar vooraf waarsku die Here hom dat hy nie mag rou nie, want die tempel gaan verwoes word in Jerusalem en dan mag geen Israeliet rou nie, want die stad se mense was boos.

Here ek besef dat Esegiël se profetiese lewe moeilik moes gewees het, maar dit was om U te eer!

Mag ons nou in n Nuwe verbond met U, U eer met ons hele lewe!
U is Getrou!
Die Waarmaker van U Woord!