31 Mei 2023

Dagstuk
Jakobus 4

Hierdie stuk oor gebed roep ons tot ons binneste motiewe oor hoe ons vra en wat ons eintlik versoek!
Ons kry meestal nie net omdat ons NIE vra nie, maar dan as ons vra kom ons met selfsug en verwaandheid voor die Here en verwag van Hom iets wat nie Sy wil is nie!

Gebed is n nederige soek na die Here se hart (v. 8) oor dit wat jy wil hê!
Wil die Here dit hê?

Onthou dat as jy bid jy “sodat” bid aan die einde van dit wat jy vra want aan die einde van “sodat” MOET wees “…sodat U Naam verheerlik kan word” en “…sodat U Koninkryk kan kom deur my voorbeeld”.

Here ons wil U hart in gebed soek daarom wil ons ons eie motiewe suiwer hou, help ons nederig U wil in ons lewens in bid!
U is die Een wat Antwoord en ons harte ken!