29 Mei 2023

Esegiël 23

Die Here verduidelik die sondes van Samaria, Israel, en Jerusalem, Juda, aan die hand van ń vergelyking.

Hy noem Samaria en Jerusalem twee susters waarmee Hy getrou het, hulle name was Ohola en Oholiba.

Hulle konstante ontrouheidwys op die afgodery van ander lande wat hulle oor en oor gevolg het eerder as om die Here van Israel te dien.

Dit word vergelyk met seksuele sondes en owerspel deur die twee susters en die Here laat dan toe dat Assirië vir Samaria straf en Babelonië vir Jerusalem.

Here help my om trou aan U te bly en U te soek met my hele hart!
U is ons Eggenoot: ons Bruidegom: Jesus!