27 Mei 2023

Dagstuk
Levitikus 20

Moleg was ń afgod (dit is eintlik ń demoon wat daar aanbid word) waarvoor kinders ge-offer was deur hulle ouers. Vir die Here is dit ń gruwel!

So ook die verdere morele sondes wat hier genoem word, van hulle word aanvaar in die samelewing, maar vir die Here bly dit ń gruwel en daarom moet ons dit ook haat.
Ons haat die sonde maar het die sondaars steeds lief en bid vir hulle inkeer en berou!


Here help ons om lief te hê wat U lief het en te haat wat U haat en as n gruwel beskou.
U is Reg en Geregtigheid!