26 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 22

Die Here kondig ń uitspraak van oordeel oor Jerusalem oor al die bose dade wat steeds daar aangaan ten spyte van die rampe wat dit al beleef het.
Die stad en sy mense was veronderstel om in nederige berou na die Here terug te keer maar nou doen hulle onrein, onheilige en bloot bose dinge en maak asof dit reg is.
Nie net goeie maniere en logiese waardigheid is weg uit die stad van Vrede nie maar die seksuele sonde en afgodery maak dit nou die stad van bloed!

Here as ons deur ń vuuroond van swaarkry gelouter word, help ons om nie die skuim bo-op die silwer te wees nie, maar maak ons die skoon gloeie de metaal vir U.

As U brand mag ons in passie ons harte laat brand vir U!
U is die Vuur van oordeel en die Vuur van passie in ons lewens!