25 Mei 2023

Dagstuk
Jakobus 2

Die broer van Jesus, Jakobus, sê hier dat as ons Hom dien wat nie onderskeid gemaak het tussen mense nie, behoort ons ook almal dieselfde te hanteer.
 
Ons mag nie mense wat ryker is anders behandel of sekere voorkeur gee nie, veral in die kerk!
Voor Jesus is die arme en ryke ewe belangrik!!
Om mense op hul baadjie te takseer is sonde!
 
 
Ons behoort eerder ons geloof uit te leef, sê Jakobus, deur vir armes te help en hulle te versorg!
Ons hulp aan armes wys dat ons geloof het wat dus wys dat ons gered is, of dat ons kinders van die Here is.
 
Here mag ek my geloof so uitleef dat mense my geloof in my dade sien!

In die manier hoe ek armes help en nie mense bo ander stel oor die manier hoe hulle lyk of wat hulle het nie!

U is Die Liefde vir ryk en arm!