24 Mei 2023

Dagstuk
Levitikus 19

Hierdie morele wette is goeie maniere en wyse raad. Dit sal ons baat om steeds dit vandag in ons lewens in die konteks van ons tyd toe te pas.

Anders as seremoniële en sosiale wette van Israel is hierdie morele tydloos en geld die beginsels ook vir ons as Nuwe Testamentiese gelowiges!

Respek, eerlikheid, higïene en talle ander beginsels hier genoem word deur die skrif ook vir ons herhaal.

Lees gerus die morele riglyne deur en kyk hoe dit vandag op jou van toepassing is.

Here ons wil vir U heilig leef en daarom wil ons selfs met slegte maniere en ongeskikte gedrag deel in ons lewens!
U is Goed!