23 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 21

Die Here profeteer deur Esegiël dat die swaard van die Here teen Jerusalem gaan kom.
Met ander woorde: oordeel wag vir die hardkoppige Jerusalem!

Die swaard wat die Here gaan gebruik is weer die Babiloniese weermag en koning.
Onthou Esegiël is self al in ballingskap (weggevoer saam met die eerste bannelinge).
Nou profeteer hy vanuit Babelonië oor die tweede rampspoedige inval wat Jerusalem sou tref 12 jaar na die 1ste een.

Selfs die bure van Israel, die Ammoniete, sou in die slag bly en word ook gewaarsku.
Esegiël word weer deur die Here opdrag gegee om ń paar snaakse dinge te doen en so deur profetiese aksie vir die Israeliete te waarsku.

Here dankie dat U waarsku want U het ons lief!
Ons wil U altyd hoor en tevrede stel!
U is die Almagtige God!