22 Mei 2023

Dagstuk
Jakobus 1

Jakobus is die broer van Jesus, die eerste pastoor van Jerusalem gemeente, wat n boek skryf oor hoe om die Here prakties te dien!
“Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie.”
Jakobus 1:22 AFR20
 
 
Sy boek is nie in kontras met Paulus se boeke wat praat van ons geloof wat ons red en nie ons werke nie.
Inteendeel die boek praat juis met ons wat nou tot geloof gekom het en wys ons hoe ons dan in dankbaarheid behoort te leef deur vir die Here die regte dinge te DOEN in ons lewens!
 
 
Hy begin deur ons aan te moedig om na wysheid te vra in geloof en dan verduidelik hy dat ons van versoekinge moet wegbly en eerder voluit vir die Here te leef deur reg te doen aan ander om ons!
Here dankie dat ons juis met ons dade U kan eer en verheerlik want dit wys ons het tot geloof gekom!
U is die Vader van ligte in wie daar geen skadu van ommekeer is nie!!