20 Mei 2023

Op ń dag kom sien die leiers van Israel, wat in ballingskap is vir Esegiël, sodat hy by die Here kan hoor oor die volk.

Esegiël gee egter n sterk waarskuwing aan die leierskap en herinner hulle weer aan die sonde van Israel van hulle Egipte verblyf, deur hul woestyn trek na die beloofde land waar hulle ook die Here bedroef het en so in ballingskap opgeieëndig het.

Maar Esegiël belowe soos die Here deur hom praat: herstel van Jerusalem en Israel se aanbidding weer!

Die Here maak dit duidelik: Hy haat afgodery.
Hy wil hê ons moet die Sabbat onderhou (beginsel van rus).
En ons moet getrou bly in ons huwelike!!

Here dankie vir n hoofstuk waar U duidelik maak hoe Israel U gemis het.
Help ons om U nie te mis nie!
U is gister, vandag en more dieselfde!