19 Mei 2023

Dagstuk
Levitikus 18

Die Here het bepalings van hoe ons gewone lewe moet lyk: dit moet Hom vereer en nie ander gode of entiteite (wat net demone is) vereer nie.

Om te slag vir gewoon eet, het mense van daardie tyd hulle slagdiere, hulle kos, se bloed vir “veldgode” (demone of in ons konteks in Suid-Afrika: voorvader-geeste) geoffer!

Vir die Here is dit onaanvaarbaar om vir enige iets of iemand anders aanbidding te bring as vir Hom! (1Kor. 10:19-20)

Bloed verwys altyd na DIE Bloed wat vir ons vergiet is: die bloed van Jesus!
Daarom wil die Here op grond van respek nie gehad het Sy volk moes bloed eet of drink nie.
Dit was n heidense algemene gebruik van die tyd.

Here dankie dat U wil hê ons moet anders lyk as die mense om ons!
U is Heilig!