17 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 19

Daar is altyd hoop!!
Die Here wys vir Israel dat hulle soos ń leeu is wat gevang is en in kettings in Babelonië sit.
(As jy Daniël in die leeukuil in ag neem, is die mense daar bekend met wilde leeus wat gevang was).
Maar die leeu is nie dood nie!!

So word Israel met n wingerdplant vergelyk, wat afgebreek en toe herplant is…maar nie dood nie!

Daar bly deur die hele Ou Testament altyd n oorblyfsel, ń “remnant”, om nog die Here se Grootheid aan te kan vertel.

Here dankie vir U genade ten spyte van Israel se sonde, ten spyte van ons sonde!
U is ons Hoop!